Deur GEOFF EMBLING, Wyksraadslid, Wyk 4
Belastingbetalers en sake-eienaars skep werksgeleenthede en neem mense in diens, maar wanneer die besighede na groener weiverlde trek, styg werkloosheid saam met misdaad en armoede.
Inwoners verdra in ‘n mate Eskom se beurtkrag, maar wanneer dit kom by kwaai slaggate, lekkasies in die rioleringstelsel, onveilige paaie en lang onderbrekings in die watertoevoer, wil hulle die dorp uit vlug. Die Munisipaliteit Makana praat gedurig oor werkskepping, nogtans bied hy weerstand teen die herstel van stukkende infrastruktuur. Dit kom voor asof die munisipaliteit nie twee en twee by mekaar kan tel nie.
Die rede waarom die munisipaliteit weerstand bied teen die herstel van infrastruktuur is nie noodwendig dat werkers nie die wil het nie of dat hulle lui of onbevoeg is nie, maar omdat daar geen fondse meer oor is om mee te werk nie. In Junie 2022 het die inkomste wat verkry is uit munisipale belastings in Makana 21.78 miljoen rand bedra, terwyl onkostes verwant aan salarisse vir die 600 plus munisipale diensnemers 17.17 miljoen bedra. As daar ‘n gemiddelde geneem word van die syfers vir April, Mei en Junie, bedra salarisverwante kostes nagenoeg 80 persent van munisipale belastings. Nadat lone en skulddelgings aan Eskom en ander instansies afgetrek is, bly daar min geld oor vir gereedskap, voertuie, toerusting en nuwe onderdele wat verlang word om infrastruktuur in stand te hou. Gereedskap vir spesifieke doeleindes is durabel om in stand te hou en moet ook dikwels vervang word.
Die munisipaliteit ontvang elke kwartaal billike aandeletoelaes van die sentrale regering, gebaseer op die getal hulpbehoewendes in die munisipaliteit, maar vanweë die hoë lone, moet die billike aandeel vir ander doeleindes aangewend word, en hulpbehoewende mense sien maar min voordeel afkomstig uit hierdie toelaes.
Dekades lank reeds het die regerende party gesorg vir die instelling van die indiensneming van soveel munisipale werkers en werknemers as moontlik. Dit was dan ‘n doeltreffende manier waarop politieke mag behou kon word, want munisipale werknemers weet waarvandaan hul salarisse afkomstig is, en hulle verstaan die ongeskrewe reëls van lojaliteit en steun aan die instelling.
Sommige goeie raadslede uit die regerende party is bang om hulle te verset teen hierdie magtige tradisie van indiensneming van werkers ten einde politieke mag te behou. Hierdie raadslede het skynbaar ‘n morele ruggraat in baie opsigte, nogtans bly hulle ongemaklik stil wanneer die kwessie van die besnoeiing van personeel en lone geopper word. Hulle besef dit is verbode gebied en hul hande en voete is geboei. Die verdrukkende atmosfeer wat hierdie kwessie oorheersvereis iets so kragtig soos die Heilige Gees om hul vrese te besweer.
Wanneer infrastruktuur nie in stand gehou word nie, begin dit ineenstort, aanvanklik stadig. Die spoed hiervan neem geleidelik toe en word uiteindelik onbeheerbaar namate dinge oral begin breek. Daar kan by wyse van analogie verwys word na die lek van ‘n suigstokkie wat heel begin en dan al hoe vinniger verdwyn. Die Makana-munisipaliteit se infrastruktuur – water, riole, afloopvore, elektriese bedrading, paaie – is nou op die spits, waar jare se afwentel van inkomste na lone in plaas van na instandhouding die bedeling uiteindelik op sy knieë gedwing het.
Daar heers ‘n luim van stille paniek binne die munisipaliteit omdat daar geen maklike uitkoms is uit die Faustiaanse sameswering wat lede van die regerende party aan mekaar verbind nie. Raadslede en senior beamptes staan voor die keuse om uit te praat teen die gedierte wat die inrigting verteenwoordig of andersins om stil te bly en toe te laat dat die munisipale infrastruktuur die plofbare fase betree en ineenstort.
Sommige sleutelspelers in die munisipaliteit sukkel met hierdie interne konflikte en hulle het behoefte aan die gebede van die gemeenskp om vir hulle van krag te voorsien.